Monday, August 1, 2016

Is jou kind gereed vir graad 8 ... Of was hy/sy ooit?
LEES DOKUMENT:
http://www.regmerk.co.za/data/files/isjyregvirdiehorskool.pdf

OUERS: Hoe voel jy oor die volgende stellings?

1: My kind het sy/haar "geveg" met wiskunde in die laerskool al "verloor".
2: Ek verstaan nie hoekom my kind nou skielik in die hoërskool swak doen in wiskunde nie.
3: Wat moet my kind nou al leer om gereed te maak vir graad 8 en verder?

Kan jy hiermee identifiseer? Ken jy dalk iemand wat hierdie kommerwekkende woorde kwytgeraak het?
Of is dié probleem een wat tot jou hart as opvoeder/ouer spreek?

Dan is hierdie nuusbrief net vir jou geskryf.
(FORWARD dit gerus vir vriende en familie)

[ Hierdie nuusbrief bevat 'n belangrike "DOWNLOAD" skakel ]
http://www.regmerk.co.za/data/files/isjyregvirdiehorskool.pdf

Dit val my op dat ouers wat my by info@regmerk.co.za kontak dieselfde vrae oor en oor vra. Dit het my genoop om 'n dokument op te stel wat die verskille tussen graad 7 en 8 lys.

Ek het die CAPS boek oopgeslaan en gaan kyk wat werklik die verskille is. Dis net twee bladsye:
http://www.regmerk.co.za/data/files/isjyregvirdiehorskool.pdf

Dis vir baie ouers 'n groot skok om te sien hoe hul kinders se punte in die hoërskool val. Hoekom hou dit aan gebeur?

My gevoel is is dit gaan oor opleiding en dan die oorvleueling van graad 7,8 en 9 se sillabusse ... terwyl die oorskaakeling van laerskool na hoërskool nie aangespreek word nie.
Hoekom moet die laerskool oor die kind se kennis bekommerd wees as die graad 7 punte "goed" lyk?

Wat hier gebeur is 'n gebrek aan kommunikasie tussen die twee skole. Intussen het ons kinders nie al die kennis wat hulle nodig het om reg te wees vir GRAAD 8 nie!

So, hoe nou gemaak? Wel ... lees eers my verslag by www.regmerk.co.za/gereed

Dan is dié aankondiging dalk op jou en jou mense van toepassing:

AANDAG ouers van alle graad 7 leerders. Onthou dat die volgende paar maande baie belangrik is vir jou leerder. Hoërskole gebruik die punte van hierdie deel van graad 7 om jou kind te plaas.
Is jou kind gereed vir die hoërskool? Gebruik gerus ons Werkkaartpak EEN om te sien hoe die Wiskunde wat hy/sy in graad 8 moet kan bemeester lyk:
http://www.regmerk.co.za/werkkaart1

Ek werk tans aan 'n nuwe e-boek spesiaal vir graad sewes.
Hou ons dop op Faceboek:
https://www.facebook.com/regmerk.co.za

Het jy MEER INLIGTING nodig oor die sillabus, tuisskool-onderrig of enige ander onderwerp?

Die regering se webblad vir onderwys-aangeleenthede verskaf inligting by hierdie skakel:
http://www.education.gov.za/Informationfor/ParentsandGuardians.aspx

Meeste van ons leerders sukkel met Wiskunde.
Die maklikste manier om jou kind in graad 7, 8 of 9 gereed te kry vir die res van dié jaar is om ons Werkkaartpak EEN aan te skaf.
Dis 260 bladsye vol artikels, vraestelle, volledig-uitgewerkte antwoorde en nog baie meer.

Lees meer by http://www.regmerk.co.za/werkkaart1

Baie dankie vir jou volgehoue belangstelling en ondersteuning. Ek hoor graag van jou.
Kontak my gerus by ...
http://www.regmerk.co.za/kontak
of stuur eenvoudig vir my 'n e-posboodkap by info@regmerk.co.za

Beste wense vir die laaste dae van die WINTER. Lekker leer!

Groete,

Lourens Breytenbach

Friday, July 15, 2016

Welkom aan ongeveer 300 nuwe Regmerk nuusbrief-lesers! Ek hoop ons boodskappe sal jou as ouer/onderwyser en leerder help voorberei vir 'n suksesvolle 2016.

In hierdie Nuusbrief:
1) Inleiding met belangrike datums
2) Gratis e-boek ... wat's nuut?
3) Voorbereiding vir die Hoërskool
4) Wat sê die Departement van Onderwys?
5) Voorbereiding vir 2017

=============
1. Inleiding:

Ja, die vakansie is verby en skool begin weer Maandag! Onthou asseblief dat hierdie kwartaal 'n paar onderbrekings het.

Die kwartaal begin op die 18de Julie en eindig op 30 September (en het 53 skooldae), maar daar is 'n publieke vakansiedag op Woensdag die 3de Augustus (Stemdag!) en die volgende week het 2 vakansiedae. Vrouedag is op Dinsdag, 9 Augustus, maar die Maandag is ook 'n skoolvakansiedag.

Die graad 12 leerders begin op die 30ste Augustus hul Voorbereidende (Rekord) Eksamen skryf. Sterkte aan al die leerders en hul ouers!

2. Het jy al ons gratis e-boek afgelaai? Dis 50 bladsye met belangrike artikels, 'n algemene "wat-weet-jy?" toets en 'n klomp gratis werkkaarte wat jy saam met jou leerders/kinders kan uitwerk.
Kry dit nou by hierdie skakel:
http://www.regmerk.co.za/aflaai

Jy kan ook die KABV/CAPS boek daar aflaai vir Wiskunde (graad 7, 8 en 9).

3. AANDAG ouers van alle graad 7 leerders!

Onthou dat die volgende paar maande baie belangrik is vir jou leerder. Hoërskole gebruik die punte van hierdie deel van graad 7 om jou kind te plaas. Is jou kind gereed vir die hoërskool? Gebruik gerus ons Werkkaartpak EEN om te sien hoe die Wiskunde wat hy/sy in graad 8 moet kan bemeester lyk:
http://www.regmerk.co.za/werkkaart1

Ek werk tans aan 'n nuwe e-boek spesiaal vir graad sewes.
Hou ons dop op Faceboek:
https://www.facebook.com/regmerk.co.za

4. Het jy INLIGTING nodig oor die sillabus, tuisskool-onderrig of enige ander onderwerp?

Die regering se webblad vir onderwys-aangeleenthede is verbasend insiggewend en propvol nuttige inligting.
Besoek hulle gerus by ...
http://www.education.gov.za/Informationfor/ParentsandGuardians.aspx

5. Meeste van ons leerders sukkel met Wiskunde.
Die beste manier om jou kind in graad 7, 8 of 9 (of selfs verder) gereed te kry vir die res van dié jaar is om ons Werkkaartpak EEN aan te skaf. Dis 260 bladsye vol artikels, vraestelle, volledig-uitgewerkte antwoorde en nog baie meer. Lees meer!

Baie dankie vir jou volgehoue belangstelling en ondersteuning. Ek hoor graag van jou. Kontak my gerus by ...
http://www.regmerk.co.za/kontak
of stuur eenvoudig vir my 'n e-posboodkap by info@regmerk.co.za

Beste wense vir die nuwe kwartaal!

Groete,

Lourens Breytenbach

Saturday, July 9, 2016

Ken jy iemand of is jy self 'n ouer wat 'n kind in MATRIEK het?

Stuur dadelik vir alle ouers met kinders in gr. 12 dié boodskap!

Dis matriek hersiening-tyd! Die BESTE raad vir enige ouer wat kinders het in graad 12 is dat jy jou kind moet aanmoedig om vorige vraestelle uit te werk.

Maar dis 'n absolute nagmêrrie vir sommige ouers om die vraestelle te kry.

Die rede hiervoor is dat die arme REGERING nie weet hoe om hul webblaaie vir Google gereed te maak nie.

En eintlik is dit maklik. Laai die vraestelle af en print dit vir die kids! 

HIER's wat om te doen:

Vir matriek vraestelle, gaan na die volgende skakel:

http://www.education.gov.za/

Aan die regterkant, hou jou muis (sonder om te kliek!) oor die skakel wat sê: "Information for" en gaan af na "Teachers" en kliek.

Die direkte skakel is:
http://www.education.gov.za/Informationfor/Teachers.aspx

Aan die regterkant is daar 'n teksboks.

Kliek op "Previous examination papers and memoranda".
Dit neem jou na die volgende blad:
http://www.education.gov.za/Curriculum/NationalSeniorCertificate(NSC)Examinations.aspx

Nou kan jy aan die regterkant kliek op die jaar waarvoor jy vraestelle en memorandums wil aflaai.

Onthou as jy op 'n jaar kliek, wys dit al die vraestelle van al die vakke vir daardie jaar.

Dis 'n goeie idee om die jongste vraestelle eerste af te laai.


Die direkte skakel (as voorbeeld) vir die nuutste "hereksamens" is:
http://www.education.gov.za/Curriculum/NationalSeniorCertificate(NSC)Examinations/PastExamPapers/2016FebMarchNSCExaminationPapers.aspx

Baie sterkte matrieks!

 

Sunday, May 15, 2016

Hallo daar!

Dankie vir jou belangstelling in Regmerk.co.za.

Ek hoop hierdie brief gee vir jou en jou kind/leerders die skietgoed wat nodig is om die opkomende Junie Eksamen baas te raak. Lekker lees!

In hierdie nuusbrief:
Tien wenke vir 'n suksesvolle eksamen

Hier is 'n dubbelhand vol raad vir jou as ouer vir dié Junie eksamen:

1. Moenie stress nie ... Beplan!

Dis belangrik dat ouers EN leerders nie NOU skielik begin "panic" nie. Daar moet werklik 'n rustige atmosfeer in die huis wees. Die kleintjies moet ook bietjie rustiger speel. Beloon almal moet 'n lekker wegneemete as hulle vir 'n paar dae mooi saamgewerk het.

'n Goeie onderwyser/skool sal 'n volledige eksamenrooster en afbakenings vir elke vak huistoe stuur. As jou kind sê daar is nie, bel die skool of stuur 'n e-posboodskap na die adjunkhoof of Departementshoof. Daar MOET riglyne wees.

2. Bly by 'n goeie daaglikse roetine

As kinders 'n billike roetine volg, raak hulle rustiger en weet wat om te doen. Hier beteken "billik" dat hulle darem ook 'n sê gehad het in die vasstel daarvan. Dis eintlik een van die truuks van goeie ouerskap (volgens die"kenners") - die leerder moet saam met jou as ouer besluit hoeveel ure per dag en hoeveel dae per week gestudeer sal word. Dan kan daar onderhandel word oor tye en toegewings soos TV kyk, rustye, ens.

3. Moenie te veel leer nie!

Baie ouers forseer hul kinders om vir ure en ure te sit en leer. Moenie! 'n Paar ure per dag behoort genoeg te wees. 'n Graad 8 kind moet liewer nie meer as 2-3 ure per dag leer nie. Dis beter om 4 sessies van 45 minute elk in te pas tussen ander aktiwiteite, TV kyk en foonspeel, aandete en slaaptyd.

4. Elke kind moet sy/haar privaatheid kan geniet

Moet asb nie elke 20 minute oor Sussa of Boetie se skouer loer en vra "hoe gaan dit" nie. Tieners wil graag alleen gelaat word. Vertrou hom/haar om self te studeer.
Maar die deur bly oop!

5. Beheer die foontjie!

'n Kind wat wel 'n slimfoon het, moet leer om dit vir 45 minute op 'n slag te kan wegsit. As hy of sy dit op die punt van die bed of op die boekrak of dalk die eetkamer tafel kan los vir 'n uur - dan verdien hy/sy dalk 'n lekker beker warm sjokolade. Of 'n addisionele bedraggie vir lugtyd of data.

Slaaptyd is NIE foontyd nie. Ons as onnies sien dosyne kinders wat daagliks doodmoeg voor ons sit - en dan is dit soms a.g.v. die feit dat hulle tot 3uur in die oggend met hul maats gelê en Whats App het!

6. BAIE MIN TV tydens eksamens!

Leerders wat werklik hul punte wil opstoot kan ongelukkig nie Sewende Laan of Vampire Diaries (of WATookal) kyk nie. Hulle kan die reekse waarvan hulle hou tydens die vakansie opvang. Tydens eksamens mag elke skoolkind EEN program kies en dit tussen twee studie-sessies kyk.

7. Oorfone en ... Papier?

Baie tieners verkies dit om met musiek aan te leer.
Hier moet ouers dalk so bietjie "compromise". As musiek effens sagter en rustig is, kan dit jou kind help konsentreer. Maar as daar kliphard na "Death Metal" geluister gaan word, of as daar op die foon gespeel gaan word ... NEE-WAT.

En o ja, voor ek vergeet - Leer beteken SKRYF. Geen kind kan leer deur die boeke deur te blaai soos 'n Huisgenoot nie. Daar moet baie papier wees en 'n hele hand vol goeie penne. Daar moet doelgerig gewerk word, opsommings gemaak word, ens ...

8. Pak AL die boeke uit!

Dis belangrik vir jou kind (en vir jou as ouer) om al sy/haar boeke op 'n daaglike basis uit die boeksak te pak en deur te werk. Pak elke vak se boeke op 'n hopie op die bed of tafel of selfs op die mat. Dan word daar GEKYK of die werk op datum is en of daar oefeninge is wat oopgelaat is. Moenie raas nie ... vang op! Sien wenk 10 vir raad oor hoe em met die onnies te skakel sonder om 'n geveg te begin.

Meeste vakke moet eintlik elke dag klaswerk en/of bietjie huiswerk hê, anders moet die handboek nader getrek word. Daar moet een of ander stuk leerwerk wees wat neergeskryf of uitgewerk kan word. Of begin weer voor in die boek ... onthou daar word in Junie oor die hele jaar se werk geskryf.

9. Ekstra klasse is nie altyd nodig nie.

As julle reeds 'n uitstekende "ekstra klas tannie" het wat jou kind help, mooi so! Maar dis nie altyd nodig nie. Ek beveel aan dat die kind se eie onderwyser weer 'n kans gegee word en werklik geraadpleeg word. Sien wenk 10 vir raad hoe.

Die feit van die saak is dat onderwysers eintlik verplig is om na skool beskikbaar te wees. Ten minste een of twee middae per week. Die Hoof van 'n goeie skool sal altyd ekstra akademiese tyd na skool inruim. Onthou - die buitemuurs gaan nie jou kind deur die graad kry nie.

En daar is altyd meer as een juffrou of meneer wat 'n spesifieke probleemvak aanbied. Gaan kyk op die skool se webblad of skakel die skool. Praat met die departementshoof van daardie vak. Beste raad - stuur 'n e-pos! Dit gee die onnies kans om na jou kind se boeke en portefeulje te kyk.

Vra vir afskrifte van toetse wat reeds geskryf is met memorandums en werk dit deur.

En moet asseblief nie nog ekstra handboeke of "studiegidse" in 'n winkel ten duurste gaan aankoop nie. Die hoeveelheid werk word dan werklik te veel en oorweldigend. Dit werk nie.

10. Hallo Juffrou!

Baie ouers kan weens besige programme nie oueraande bywoon nie, so wat nou gemaak?

Dis eintlik maklik om produktief en informeel met die onderwyser te kommunikeer. Skryf 'n baie kort briefie IN DIE KIND SE SKRIF. Vra dat juffrou moet lees en teken.

Voorbeeld:
----------------
Geagte Juf Botha,

Dankie vir al u harde werk!
Kan u asseblief vir Michaela 'n paar ekstra handboekoefeninge of 'n werkkaart (dalk ou vraestel) gee en vir ons stuur? Ons sal dit by die huis deurwerk.
Dalk kan u haar daarna vir 5 minute na klas/skool help om dit te merk?

Baie dankie,
Sandra van Staden
Foonnommer
-----------------

Die geheim is dit sal Juffrou 2 minute neem om 'n ou toets uit haar kas te pluk, of om na 'n hersieningsoefening te blaai en af te merk. Dit werk. Of sy sal die volgende dag iets gereed hê.

As sy nie na 'n dag of twee reageer nie, probeer weer - met nog 'n brief in die kind se boek. Dit dien as rekord van elke poging. Skryf datums by en teken. Daarna, as daar geen reaksie is nie, skakel dadelik die skool en praat met die departementshoof van daardie vak. Dan sal jy 'n ding sien!

Daar's hy ... jou 10 wenke vir 'n suksesvolle eksamen.

Baie sterkte!

Het jy al ons Wiskunde werkkaartpak EEN aangeskaf?
As jy nog nie het nie, kyk gerus weer daarna by ...

www.regmerk.co.za/produkte

Groete,

Lourens Breytenbach


Kontak ons gerus of gee terugvoer en vertel vir ons wat JOU ervaring by jou kind se skool was as dit by hulpverlening kom:
http://www.regmerk.co.za/kontak

Of stuur e-posboodskap aan Lourens by info@regmerk.co.za

Sunday, April 17, 2016

Dis nou moontlik om spesiale aanbiedinge en afslag saam met nuus oor my nuwe projekte en werkkaartpakkette te ontvang.

 Skryf in vir ons Nuusbrief

* indicates required
 
Search