Sunday, April 10, 2016

Dis baie gaaf om positiewe terugvoer te kry as 'n mens 'n produk beskikbaar stel en die mense hou daarvan!


Fransie het ons R150 e-boek bestel nadat sy die gratis e-boek deurgewerk het.

Hi, ek het julle link op FB gesien. Mal oor jou gratis e-boek.
Ek het 'n EFT inbetaling gedoen om jou Werkkaartpak 1 te kan gebruik.
Baie dankie
Fransie Roux


Christo Cloete het laat weet:

Puik Diens! Kan sien U het 'n passie vir wiskunde en kinders sal laat weet hoe Marnus vorder.
Groete en nogmals dankie!


Christien Wilke
het ons ge-epos aangaande ons gratis e-boek:

Wil net ‘n groot DANKIE se vir die gratis hulpbron vir wiskunde.
Ek is ‘n onderwyseres wat Laerskool Gr 4 tot 7 Wiskunde aanbied. Baie dankbaar vir ander onderwysers wat bereid is om hulle kennis te deel met nuwe onderwysers.
Vriendelike groete


Hier's wat Michael geskryf het oor die bestelproses:

Hallo Lourens
Dit was baie maklik gewees. Die verwysing op die site is baie maklik en die skakels werk goed.
Ek is besig om deur die boek te werk voor ek vir die kinders dit gee. Baie dankie dit lyk baie goed so ver.
Groete,
Micheal Groenewald


Merita
het die volgende geskryf net voordat ons die aflaai-skakel vir haar ge-e-pos het:

Hi Lourens
Ek het nou mooi gelees en gesien die werkkaarte is sowel vir Graad 7, 8 en 9.
Aangeheg vind asb bewys van EFT betaling.
Ek dink dis fantasties wat jy doen en sal verseker by (my dogter) se maaitjie bemark.
Groete,
Merita Wickens

Lees meer oor waaroor die bohaai gaan - kliek hier!

Monday, January 4, 2016
Dit was 'n lang gewag ... maar Wiskunde Werkkaartpak 1 vir gr. 7, 8 en 9 is uiteindelik gereed en beskikbaar. Dit bevat 260 bladsye en 'n ton leer en leeswerk. Lees meer HIER.

Ons het ook die videoblad ge-update! Lekker kyk.
Wednesday, December 30, 2015
Dis Desember 2015 en ons is amper klaar met die eerste werkkaartpakket. Ons beoog om dit vroeg in Januarie bekend te stel. 

Hier is waarna lesers kan uitsien:

  • Meer as 200 bladsye met wiskunde werkkaarte en toetse vir graad 7, 8 en 9 leerders. 
  • Antwoorde ingesluit!
  • Baie bekostigbaar.
  • Bonusmateriaal met videos, sertifikate, artikels en nog baie meer.
Vasbyt - ons is amper daar!
Saturday, December 27, 2014
Hierdie projek word tans (tydens die Feesseisoen van 2014) geloods. Die basiese beskrywings van my nuwe produk word nou geskryf, en ek het nou-net die BLOEDROOI "nie tans beskikbaar nie" lyne bokant die PayFast knoppies geplaas.

Ek wil graag voor die einde van die skoolvakansie die gratis eBoek en ten minste die basiese werkkaartpak (sonder antwoorde) reghê. Intussen is ek veronderstel om te studeer vir my Honeurs Graad! 

'n Vraag wat by mense mag opkom is - waarom die gratis eBoek?

Wel, die maklike antwoord is, dit gaan oor bemarking, natuurlik! Laai dit asseblief af, lees dit, druk dit, en deel dit met almal wat jy ken! Die hele idee is om almal van my werk bewus te maak. Dit is 'n feit dat daar nie werklik oordentlike Afrikaanse wiskunde werkkaarte op die web beskikbaar is nie. Ek wil graag daardie gaping help vul.


Thursday, December 18, 2014
Hierdie webblad is eksklusief vir almal wat wiskunde werkkaarte en hulpbronne nodig het. Dit is my, Lourens Breytenbach (eienaar en skepper van die blad) se missie om aan jou as leerder, ouer of onderwyser kwaliteit wiskunde werkkaarte met antwoorde te verskaf. Idee's, bydraes en kritiek is welkom!

Volg ons op FB en Twitter en kom ons praat syfers!

Vergewe maar die Engels op die site ... dis nie ons doel om eksklusief Afrikaans te wees nie. Dit gaan daaroor dat almal wat ons hier besoek waardevolle hulpbronne bekom. Lekker surf en download. En dankie dat jy hierdie site met almal share!
Search