Wiskunde webblaaie wat werklik help - gratis!
Regmerk.co.za Nuusbrief 7 van 2016 Baie welkom aan nog 'n honderd-plus nuwe Regmerk Nuusbrief-lesers! Hierdie nuusbrief bespreek webblaaie wat jou kind GRATIS kan help wiskunde leer. Vorige nuusbriewe kan hier gelees word (Ons blog). As jy dringend werkkaarte vir jou graad 7, 8 of 9 leerder nodig het, of as jy iemand ken wat hulp benodig in hierdie verband, kliek hier om ons gratis e-boek af te laai, of bestel nou ons 260 bladsye werkkaart-pakket met uitgewerkte antwoorde en nuttige artikels. Dis slegs R159. Lees meer. Vergewe asseblief die gemengde taal. Hierdie ondergenoemde webblaaie is ongelukkig almal in ENGELS, maar miskien moet ons in elke geval begin leer om dié terme in altwee tale te leer: Nou leer jy Wiskunde en Engels sommer terselfdertyd! Ek werk aan 'n woordelys vir Afrikaans na Engels: Voorbeelde van woorde wat almal behoort te ken: Begrippe soos point, line, square, triangle, parallelogram en fractions is maklik om te vertaal/verstaan. Maar wat van: hoek = angle (Ek was al in 'n klas waar die juffrou "corner" gesê het!) skuinssy = hypotenuse gelykbenig = isosceles veranderlike = variable (x, y ens.) gemiddeld = mean uitdrukking = expression vergelyking = equation vlieër = rhombus waarskynlikheid = probability Google se "TRANSLATE" funksie help darem ook. Maar goed - hier is 'n paar webblaaie wat ek gedink het dalk nuttig mag wees om jou kind te help wiskunde leer: https://za.ixl.com/math/ Sommer net vir tafels leer en so aan. Baie gaaf. Elke keer as jy 'n som regkry komplimenteer die site jou. Dis goeie aanmoediging! As jy verkeerd is help hulle jou verstaan deur te verduidelik. Baie oulik. https://www.theglobalmathproject.org/involved/ Scroll af en subscribe - dis 'n belowende projek http://www.mathsisfun.com/ Jy kan jou onderwerp (bv. meetkunde) kies en dan wys die website jou die basiese beginsels. Baie behulpsaam. http://www.tenmarks.com/ Sign up as educator en begin leer. Nie te complicated nie, maar bietjie ... http://www.superkids.com/aweb/tools/math/index.shtml Dis effens omslagtig, so mens moet maar eers bietjie geduldig wees voor jy eintlik die somme kan begin doen. http://www.mathgoodies.com/ Meer vir onderwysers http://www.gcflearnfree.org/topics/math/ Nie sleg nie. Wat hierdie ene goed maak is die mooi grafika. Elke konsep word baie goed verduidelik. Ek wens ek kon dit in Afrikaans aanbied. As hierdie webblaaie nie vir jou of jou kind werk nie kan Google dalk meer aanbied. Die geheim is natuurlik om meer komplekse soekterme in die Google soekraam te tik. Hier is voorbeelde: (Gebruik altyd "..." om na die presiese kombinasie van woorde te soek) "Really awesome maths websites" "Mathematics websites that are free" "Good maths websites for grade 8" ensovoorts Sterkte met die soekwerk! As jy weet van meer oulike wiskunde webblaaie wat werklikwaar gratis is, en veral as dit in Afrikaans is, laat my asb weet deur 'n e-posboodskap te stuur aan info@regmerk.co.za. Of kontak my (soos gewoonlik) op my webblad. Beste wense en groete, Lourens Breytenbach Lees meer by www.regmerk.co.za NS: As jy een van ons meer as 150 betalende kliënte is, wil jy nie asseblief vir my terugvoer stuur oor hoe my boekie verbeter kan word nie? Ek werk tans aan die graad 7 en 9 boeke. Enige terugvoer is welkom. Lees gerus hier wat amper 200 tevrede kliënte sê.
|