Wat ons kliënte sê:

 
28 Februarie 2020
Hallo Lourens, Baie dankie vir die e-boek. 
Ek het vining daardeur gegaan en ek gaan definitief my kind daarmee kan help en hom aanmoedig om meer van wiskunde te hou. 
Ma gaan lekker saam leer.  Ek sit al heel oggend en tafels uitwerk op die manier wat jy op een van die bladsye gewys het smile
Ek probeer my kind help met wiskunde en aangesien ek nie wiskunde op skool gehad het nie probeer ek op die internet te kyk hoe wat waar gedoen moet word. 
Ek het op n Google search op Regmerk afgekom. So dankbaar daarvoor.
Welgedaan met die e-boek
Marlize
 
10 April 2017:
Hallo Lourens, 
Ek het verlede maand jou Wiskunde boek vir gr 7 tot 9 gekoop en ek sien klaar die verskil in my dogter se benadering tot Wiskunde.
Baie dankie vir 'n baie doeltreffende manier van Wiskunde aanbied. 
Groete 
Adele
 
Gert Skryf ook vir my hierdie passie-volle boodskap in 2017
Lourens, JY PRAAT MY TAAL, en hiermee bedoel ek, jy WEET WAT JY Sê! Ek ondersteun jou 150%.Ek hou al 37 jaar skool en gee NET Wiskunde. Wiskunde is nie 'n vak nie, dis n INGESTELDHEID. Baie dankie vir dit wat jy kwytraak omtrent ons gesamentlike liefde vir die vak!
Wiskunde-liefde
Gert
 
In Junie 2017 het Nicholette laat weet:
Goeie middag Lourens,
Ek wil dankie sê vir jou nuusbriewe en hoe jy jou rol as ondewyser sien en dat jy jou nie deur enige party laat boelie nie!
 
Hildegard skryf op 5 November 2016:
Dié is beslis die beste materiaal beskikbaar. My kind in gr 8 se wiskunde punt is van 25% op na 80% omdat ek kon verstaan waar haar probleem is.

Die materiaal is makilik om te gebruik en op 'n manier saamgestel dat kinders stapsgewys kan verbeter.
 
Chris Carstens skryf op 16 Oktober 2016:
Hi Lourens, my graad 7 dogter geniet jou werkkaart pak 1 ongelooflik baie!! Baie dankie vir 'n baie volledige produk. Ons is nog opsoek na oefenvraestelle vir die eindeksamen wat om die draai is. Kan jy my dalk in kontak sit met iemand wat kan help met graad 7 en graad 5 oefenvraestelle asb? Ek verstaan baie van jul tyd word bestee in die opstel van die vraestelle en verwag nie om dit verniet te kry nie. Dankie!
My antwoord: Dankie Chris, ons werk aan daai pakkette vir die jonger kinders. Sterkte!
 
 
Henli skryf die volgende in Oktober:
Hallo Lourens, 
Ons het van jou gehoor by ******* se Skeinat onderwyseres.
Ek het toe dadelik ingeteken op jou nuusbrief en die gratis e-boek afgelaai wat baie gehelp het in die laaste eksamen.
Baie dankie vir jou hulp!
 
Fransie het ons R159 e-boek bestel nadat sy die gratis e-boek deurgewerk het.
Hi, ek het julle link op FB gesien. Mal oor jou gratis e-boek.
Ek het 'n EFT inbetaling gedoen om jou Werkkaartpak 1 te kan gebruik.
Baie dankie
Fransie Roux
 
Christo Cloete het laat weet:
Puik Diens! Kan sien U het 'n passie vir wiskunde en kinders sal laat weet hoe Marnus vorder.
Groete en nogmaals dankie!
 
Christien Wilke het ons ge-epos aangaande ons gratis e-boek:
Wil net ‘n groot DANKIE se vir die gratis hulpbron vir wiskunde.
Ek is ‘n onderwyseres wat Laerskool Gr 4 tot 7 Wiskunde aanbied – van Ekonomie en Besigheidstudie af.
Baie dankbaar vir ander onderwysers wat bereid is om hulle kennis te deel met nuwe onderwysers.
Vriendelike groete

Hier's wat Michael geskryf het oor die bestelproses:
Hallo Lourens
Dit was baie maklik gewees. Die verwysing op die site is baie maklik en die skakels werk goed.
Ek is besig om deur die boek te werk voor ek vir die kinders dit gee. Baie dankie dit lyk baie goed so ver.
Groete,
Michael Groenewald
 
Merita het die volgende geskryf net voordat ons die aflaai-skakel (na betaling) vir haar ge-e-pos het:
Hi Lourens
Ek het nou mooi gelees en gesien die werkkaart is sowel vir Graad 7, 8 en 9.
Aangeheg vind asb bewys van EFT betaling.
Hoop ek kan die boek so gou as moontlik kry aagesien Danielle volgende Donderdag Wiskunde skryf….
Ek dink dis fantasties wat jy doen en sal verseker by haar maaitjie bemark.
Groete,
Merita Wickens
 
Kontak ons hier
Bestel nou ...
Lees meer ...
Search